Skommel & Skud jou blik

TurboKidz en Money4Kids bied aan:

Kom skommel en skud jou blik!

Saai, Spaar en Slim Spandeer!

girlSkommel & Skud jou blik Skole Projek 2013:

Turbokidz (Nativa) en Money4Kids het ‘n groot uitreik-projek bekendgestel wat‘n paar Laerskole in die Pretoria en Centurion omgewing betrek het.

Die projek het gepoog om kinders te leer om goeie keuses te maak ten opsigte van hul gesondheid en hul eie finansies. Kinders is aangemoedig om hul geld self te verdien en daarna ‘n paar rand in hul herwonne Turbokidz-blikkie te saai. Terselfde tyd kry die skool geleentheid om blikke te herwin, kreatief te versier en geld in te samel vir hul eie skool se liefdadigheidsprojek of ‘n liefdadigheidsinstansie van hul keuse. Herwinning is ‘n belangrike aspek van die projek en met die oog op Julie wat Nasionale Spaarmaand was, was dat hierdie ‘n uitstekende manier is om kinders te leer om te saai in hul gemeenskap en ook waardevolle finansiele kennis op te doen. Abstrakte onderwerpe soos “geldsake” is nie altyd maklik om te verduidelik aan ons kinders nie!

Daar was hope pryse op die spel vir die beste deelname aan die projek; beste skool, beste versierde blikkie as ook die beste klas. Laerskool Wierdapark het kop bo skouers uit gestaan en ‘n stewige bedrag van R5 189.71 ingesamel vir hulle eie beharmhartigheidsfonds. Hulle is aangewys as die wen skool en TurboKidz het ‘n addisionele R3000 geskenk vir hierdie fonds.
Kom leer van geld en gesonde leefstyl keuses! Deur slim te kies kan jy Saai, Spaar en Spandeer.

Ons glo dat hierdie projek honderde kinders geraak het en ons hoop dat dit hulle sal inspireer om vir die res van hul lewens die regte keuses te maak met hulle geld en gesondheid!

Wenskool: Baie geluk Laerskool Wierdapark
Wenklas: Baie geluk Laerskool Wierdapark se Graad 2 W3
Wenkind: Baie geluk Jayden Berry

Wag vir die Foto Gallery om te verskyn:

  • Wen skool

    Produk bestuurder van TurboKidz Nicoli van der Merwe oorhandig R3000 tjek aan Wierdapark se skool hoof Mnr Johan Maree. Laerskool Wierdapark is aangewys as die wen-skool van die TurboKidz Skommel & Skud jou blik skole projek 2013.

  • Wen klas

    Laerskool Wierdapark se Graad 2 W3 is aangeyws as die wen klas van die TurboKidz Skommel & Skud jou blik skole projek 2013. Juffrou Stephanie Wolmerans se klas het R703 ingesamel. Juffrou Stephanie het ‘n geskenkpak van Nativa ontvang en elke kind in die klas ‘n TurboKidz geskenkpakkie.

  • Wen blik

    Produk bestuurder van TurboKidz Nicoli van der Merwe saam met die Adjunkhoof van Laerskool Wierdapark oorhandig R500 kontant as ook ‘n Turbokidz geskenk pak ter waarde van R1000 aan Jayden Berry. Sy het ‘n oulike Robot blikkie van herwinbare materiale gemaak as ook R400 ingesamel vir die skool se beharmhartigefonds.

  • Laerskool Hennopspark Wenners
  • Laerskool Hennopspark Wenblik

    kyk net die oulike spaar blikkie

  • Hennopspark

    Annalie Sdralis en Leoni Webster (Money4Kids), Lindie Strydom (Helpende Hand) en Nicoli van der Merwe (TurboKidz) by Atterbury Teater by Die Geel Koevertjie teatervertoning.